Local newsNews

Elf dae na sy been gebreek is, is Wimpie uiteindelik geopereer.

Wimpie van der Merwe se been operasie is agter die rug. Nou moet hy net aansterk.

Dit gaan goed met die 60-jarige Wimpie van der Merwe.

Wimpie is Vrydag 18 Februarie geopereer nadat hy sy been 11 dae terug gebreek het.

So eie aan die Steenkoolstad het die publiek onmiddellik uitgereik en hulp aangebied om Wimpie te help nadat WITBANK NUUS daaroor berig het.

Gelukkig het die dokters by Witbank Hospitaal Wimpie se operasie vir gister geskeduleer gekry.

“Wimpie lyk baie goed. Hy is bietjie bleek, maar dis te verstane wat die operasie het lank geduur,” het sy broer mnr. Louis van der Merwe gesê.

Louis het gesê die familie sê baie dankie vir elkeen se omgee, boodskappe en gebede.

Lees die volle berig in die volgende uitgawe van WITBANK NUUS.

Deel jou opinie met ons op:

WhatsApp: 060 866 8682

Email: info@witbanknews.co.za

Of op ons sosiale platforms

Instagram  Twitter  Witbank News App  Facebook page  Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button