CrimeLocal newsNews

‘Ridder van die grootpad’ veras

Cecil Rautenbach se tragiese dood was vir sy familie ʼn groot skok.

Die gospelsanger Piet Smit se stem het die hawelose Cecil Rautenbach saggies gegroet met die liedjie, ‘Twee growwe hande”.

Op Dinsdag, 8 Februarie is  ʼn virtuele gedenkdiens vir Cecil gehou wat deur sy broer, pastoor Louis Rautenbach gelei is. Hy is na die diens veras.

Cecil, wat op 31 Januarie na ’n tref-en-trap ongeluk in Mandelastraat dood is, was ’n broer, ’n oom, ’n neef, ‘’n ridder van die grootpad’.

“Hy was ʼn mens wat as verstoteling gelewe het. ʼn Mens wat sy familie se klein kindertjies graag met ’n geskenkie of ’n lekker verras het. Die kleingoed se vreugde het altyd sy blou oë laat blink van liefde. Hy het baie min in ruil gevra en wou maar net liefde en aanvaarding hê,” het Louis gesê.

 

Cecil Rautenbach se begrafnisbrief.

“Cecil kom uit ʼn groot gesin. Wanneer ’n mens uit so groot familie bestaan, stap mens hierdie pad onvermydelik oor en oor, totdat dit eendag jou eie beurt is om vooruit te gaan. Ons ouers is al oorlede, en nou vier van ons ses broers ook. Dan raak ʼn mens nostalgies oor die tye wat verby is, kinderdae, jare van jonkheid … en dan besef ons dat die tyd te vinnig aangestap het,” was Louis se woorde.

 

 “Ek onthou weer die dag toe hy in die huis in Skoolstraat in Jozini gebore is. Die vroedvrou het kom help. Pa het die kinders weggelei en besig gehou, en almal het opgewonde gewag dat die ‘vliegtuig’ die nuwe baba sou bring,” het Louis hartseer vertel.

Vir die familie is die wete dat Cecil se Bybel ’n kosbare kleinood was en net dit tussen sy twee komberse in sy drasak gevind was, ’n troos.

“Om te dink, van alles in die lewe, ons met baie besittings, was Cecil se Bybel sy kosbaarheid wat hy saam met hom gedra het. Wat sê dit vir ons, wat was vir Cecil belangrik in die lewe?” met hierdie vraag is almal gekonfronteer. Die Here was steeds met hom,” het sy neef, mnr. Neels Pieterse gesê.

Intussen wag die polisie nog steeds op inligting oor die ongeluk.

As jy iets weet van die ongeluk kan jy adjudant-offisier Susan Holtzhausen skakel by 013  655 5102.

LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/188603/ooggetuies-gesoek/?fbclid=IwAR1YPwbVSsdSji4jZvCIeNhyDKnIq3fi_pffJvZkxIVOemajJXrIKXA-obI

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button