Local newsNews

Gestremde wag al week vir operasie nadat hy sy been gebreek het

Na ’n week is daar nog geen aanduiding wanneer mnr. Wimpie van der Merwe geopereer gaan word nie.

’n Inwoner van Huis Betsie Louw, mnr. Wimpie van der Merwe, lê al ’n week in Witbank Hospitaal.

Die 60-jarige man is op 7 Februarie in die hospitaal opgeneem nadat hy van ’n muurtjie afgeval en sy been gebreek het.

SIEN DIE VIDEO HIER

“Ons is stukkend. Ons weet nie meer watter kant toe nie. Ons het al oral aangeklop, maar niemand kan vir ons sê wanneer Wimpie geopereer gaan word nie,” het Wimpie se broer mnr. Danie van der Merwe gesê.

Van der Merwe het gesê dat Wimpie gestrem is en kommunikasie baie moeilik is.

Die Departement van Gesondheid  is genader vir kommentaar, maar daar is nog geen reaksie van hulle kant af nie.

Lees die volle berig in die week se uitgawe van WITBANK NUUS.

Deel jou opinie met ons op:

WhatsApp: 060 866 8682

Email: info@witbanknews.co.za

Of op ons sosiale platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button