Local newsNews

Watermeterdiefstal in eMalahleni spuit die hoogte in

Watermeters is weer op die diewe se inkopielys.

Die statistieke van watermeterdiefstal vir die maand van Januarie staan op ’n skokkende totaal van 111 meters wat gesteel is in net twee van eMalahleni se wyke.

Kim Faduk wat die raadslid is van Wyk 33 het bevestig dat daar in net die maand van Januarie ’n totaal van 94 watermeters gesteel is in haar wyk alleen.

“Ek het alleenlik ’n lys opgestel vir net die steel van watermeters en nie eers die watermeterlekke of pyplekke bygelas nie en dit het op ’n totaal van 94 afgekom. Op 31 Januarie is daar ’n totaal van 14 gesteelde watermeters gerapporteer,” het Faduk gesê.

Waar die raadslid van Wyk 18, Salomie Kriel ’n totaal van 17 watermeters gegee het – waarop sy ook klem gelê het op die feit dat dit ’n ‘rustige’ maand was in verband met dié soort misdaad.

Lees die volle berig in die week se uitgawe van WITBANK NUUS

Deel jou opinie met ons op:

WhatsApp: 060 866 8682

Email: info@witbanknews.co.za

Of op ons sosiale platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button