Ooggetuies gesoek

Daar word gesoek na die bestuurder wat ’n man Maandag, 31 Januarie doodgery het

Daar word ooggetuies gesoek van ’n ongeluk waarin ’n man doodgery is. Mnr. Cecil Rautenbach is in die vroeë oggendure van Maandag, 31 Januarie in Mandelastraat voor ’n plaaslike winkelsentrum naby die N4 doodgery.

“Die polisie is omstreeks 02:00 van die ongeluk verwittig. Met hulle aankoms was die 54-jarige Rautenbach reeds dood,” het polisiewoordvoerder kaptein Eddie Hall gesê.

Die bestuurder van die voertuig wat Rautenbach gestamp het, het nie na vore gekom en die ongeluk aangemeld nie.

As jy enige inligting het, skakel adjudant-offisier Susan Holtzhausen by 013 655 5102.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking    

Exit mobile version