Local newsNews

ʼn Gelofte om die Here te dank

Johan Greyling het gesê dat die dag gewy is om die Heer te dank en hom te aanbid

Die Geloftes is deur baie inwoners van eMalahleni in Tasbetpark en Del Judor herdenk.

Die Witbank Geloftefees het Donderdag, 16 Desember by die NG Kerk in Tasbetpark plaasgevind en nog een is op die veld in Del Judor gehou.

Johan Greyling gee skriflesing by die Geloftefees in Del Judor.

By beide geleenthede is daar met skrif en gebed geopen en is die Gelofte voorgehou. By die fees in Del Judor was die skriflesing uit Psalm 125:1 wat sê: “Dié wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid”.

Johan Greyling het gesê dat die dag gewy is om die Heer te dank en hom te aanbid.

Trevor van Staden saam met sy seun, Warren van Staden by die Geloftefees in Del Judor.

Trevor van Staden en sy seun, Warren van Staden van Grilled Delight het heerlike boereworsrolletjies en verversings te koop aangebied. Plaaslike besighede het ook die geleentheid gekry om hul produkte aan te bied.

Deel jou nuuswenke met ons via:

 

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: info@witbanknews.co.za

 

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

 

Instagram,

Twitter

Witbank News App

Facebook page

 

 
Back to top button