Julia raap die groot trofee op

Die beste eiendomsagent in die land bly in ons Steenkoolstad.

eMalahleni se eiendomsmark is in uitstekende hande.

‘Verkoop- plakkers’ pryk trots op een na die ander huis wat die plaaslike eiendomsagent Julia de Beer verkoop.

Sy is onlangs aangewys as die beste eiendomsagent en lysingsagent vir ‘n plaaslike eiendomsagentskap.

Julia het die eiendomsmark in 1996 betree en twee jaar later haar raadseksamen afgelê.

Vyf-en-twintig jaar later verkoop Julia nog steeds links en regs huise.

Kliënte het vir haar familie geword.

“Ek geniet dit om die regte huis te soek vir my kliënte. Dis vir my belangrik om te weet hulle kan altyd terugkom na my toe en te weet ek help graag weer met die koop of verkoop van hul huis,” het sy gesê.

Sy het ’n oomblik teruggestap in tyd en vertel sy was so opgewonde toe sy nog in die kruipstadium was en destyds ’n huis in Modelpark vir R550 000 verkoop het.

“Daardie tyd was dit verskriklik duur,” het sy vertel.

’n Paar jaar later in 2003 het sy ’n huis in Reynorif vir R3.1 miljoen verkoop.

“Die duurste huis wat ek tot nou toe verkoop het was vir R4 miljoen.”

Julia het genoem dat die grootste behoefte tans is vir huise tussen R800 000 tot en met R1.5 miljoen.

Haar raad aan voornemende kopers en verkopers is: “As jy wil koop of verkoop is nou die beste tyd.”

Julia en haar gesin hou tans ’n bietjie vakansie by die see.

Terwyl sy oor die see tuur het sy ’n stukkie wysheid gedeel: “Hou aan liefhê met ’n minsame hart, ’n wyse verstand en onwrikbare geloof in God.”

Deel jou nuusbrokkies met ons:   Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons op die volgende sosiale media platforms:   InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version