Local newsNews

Gelofte word op Balmoral herdenk

Die fees vind Donderdag, 16 Desember by Laerskool Balmoral plaas.

Die Geloftes, soos in 1838 afgelê, word weer vanjaar tydens die Ogies/Balmoral Geloftefees herdenk.

Die fees vind Donderdag, 16 Desember by Laerskool Balmoral plaas.

Verrigtinge begin om 09:00. Die skriflesing en gebed word waargeneem deur Leon Nel, waarna die lees van die Gelofte deur Gert Joubert gelewer sal word.

Daar is verskeie terugblikke in die geskiedenis en samesang deur die loop van die program wat om 10:30 afgesluit word. Gratis boerewors en verversings sal daarna geniet word.

“Bring asseblief u kinders om deel te neem aan die sang-item. Daar sal sertifikate aan elke kind uitgereik word vir deelname,” het die voorsitter van die feeskomitee, mnr. Louw Potgieter genooi.

Afskrifte van die geskiedenis is beskikbaar.

“Neem een en gesels met u kinders daaroor. Die werklike geskiedenis van die Afrikaner word daarin weergegee en daarom is dit belangrik dat die nageslag die werklike feite moet ken,” het Potgieter gesê.

Vir meer inligting of enige navrae, skakel gerus vir Louw Potgieter: 082 356 9602.

Deel jou nuuswenke met ons via:   Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:   InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 
Back to top button