Local newsNewsUpdate

Kyk hoe lyk die Puma Stadion nou

Deel in die herinneringe van die Puma Stadion saam met legends soos Richard Cooke, Neels Vermeulen, Charl Basson en WITBANK NUUS se eie sportjoernalis Solly Maseko.

Die Puma Rugby Stadion is nou ’n seeroog en nie meer ’n baken langs die N4 snelweg nie.

WITBANK NUUS joernalis, Solly Maseko onthou al die ure wat hy as sportjoernalis langs die velde spandeer het.

WITBANK NUUS het saam met sportlegendes van weleer en ook die plaaslike sportjoernalis Solly Maseko by die stadion ingeloer en onthou-staaltjies gedeel, skelm ’n traan afgevee en verstom gestaar na die geraamte wat oorgebly het nadat die Mpumalanga Rugbyspan in 2009 Mbombela hul hoofkwartier gemaak het.

Solly Maseko.
Neels Vermeulen deel sy ure op die pad toe die hardloopklub nog aktief was by die Puma Stadion.
Neels Vermeulen.

Die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit het gesê hulle het nie geld om die stadion te herstel nie.

“Ons het baie klagtes oor die verval van die stadion ontvang. Tydens ons vorige konsep-geïntegreerdeontwikkelingsplan is daar besluit om die besigheidssektor te nader om met die munisipaliteit hande te vat om die R15-miljoen herstel van die munisipaliteit te befonds,” het mnr. Lebo Mofokeng, munisipale woordvoerder, gesê.

Tennisafrigter Charl Basson moes die emosies keer toe hy sien hoe die tennisbane agteruitgegaan het.
Charl Basson.

Mofokeng het gesê die munisipaliteit hoop dat ’n barmhartige Samaritaan hulle pad sal kruis en die geld sal voorskiet.

Richard Cooke onthou die sege teen Westelike Provinsie in 1983. Emosies het hom oorval toe hy deur die tonnel stap waardeur hy toe as kaptein sy span op die veld gelei het.
Richard Cooke

Lees die volle berig in die week se uitgawe van WITBANK NUUS.

Deel jou nuusbrokkies met ons: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons op sosiale media: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button