Local newsNews

Balmoral se erfenis kry ’n nuwe ‘balkie’

Die ‘Memorable Order of Tin Hats’ (Moths) het hul respek betoon aan die erfenis.

Die geskiedenis van die Slag van Balmoral het baie meer agter die stories wat ooit vertel is.

In Julie 1901 toe het die konsentrasiekamp ’n oorvloed mense vanaf die Middelburg en Belfast kampe daar gehuisves.

Dié einste konsentrasiekampe het ontstaan met die Britse konsentrasiekampwetgewing op 16 Junie 1900.

Sumarius Swart na hy sy respek betoon het met die opknapping van die monument in Balmoral.

Op Sondag, 21 November het die begraafplaas wat reg langs die N4-snelweg is ’n nuwe balkie gekry, te danke aan Kego Mining wat met ’n nuwe lagie verf en die gedenknaald die plaatjies, wat afgesteel is, teruggeplaas het.

Die ‘Memorable Order of Tin Hats’ (Moths) het hul respek betoon aan die erfenis.

“Hierdie is ons geskiedenis, deel van wie ons was,” het mnr. Sumarius Swart van die Moths vertel.

Swart is een van die dryfvere agter die opknapping van die begraafplaas.

WITBANK NUUS het vroeër berig oor dié stuk grond en sy hartseer geskiedenis.

“Volgens die wet moes die Britte enige Boere wat weerstand bied se huise afbrand en hul vrouens en kinders as krygsgevangenes in kampe sit. Meer as 30 tentekampe is geskep.”

*Gaan lees meer oor die Afrikanergeskiedenis op die webtuiste afrikanergeskiedenis.co.za

Lees Meer:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/167618/kom-vier-geloftedag-op-balmoral/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/184016/bikers-rolling-it-out-for-charity-at-balmoral/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/124393/bosvarke-spog-balmoral/

Deel jou nuuswenke met ons : Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons op WITBANK NEWS platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Word deel van ons WhatsApp groep deur die skakel af te laai: https://chat.whatsapp.com/ELF1vd6rpOv9ZkxPsFvNgg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button