Kerk open tutor sentrum

Die doel van die sentrum  is om ’n omgewing te skep waar leerders omgee, vriendelikheid en warmte kan ervaar.

Die Volle Evangelie Kerk (VEK) Kruisgenerasie begin ’n Christelik-gebaseerde Leersentrum volgende jaar.

Die Ahava Tutor Sentrum sal van die kerkperseel te Churchillstraat 16 bedryf word.

Voltydse onderwysers wat op ’n vrywillige basis werk en deel is van die VEK, werk in oorleg met die pastore en die uitvoerende raad van die gemeente.

Die Ahava Sentrum se doel is om ’n omgewing te skep waar leerders omgee, vriendelikheid en warmte kan ervaar – ’n plek waar hulle welkom en veilig sal voel.

Die onderwysers hou toesig en kontroleer die kinders se leerwerk.

“Die doel is om ’n kind holisties te help ontwikkel en enige hindernis in terme van sosiale interaksie en akademiese vaardighede te kan oorkom,” het me. Amelia Jansen van Rensburg gesê

Die sentrum se doelwit is om uitstekende opvoedkundige, asook sosiale ondersteuning aan al hul studente te bied.

Impaq se voorgestelde kalender sal gevolg word en die sentrum sal oop wees van Maandae tot Vrydae tussen 07:30 en 13:00.

Vir enige navrae of registrasies, skakel of WhatsApp Amelia  by 083 266 8444 of skakel Franci Wallace by 083 642 8746.

Deel jou nuuswenke met ons : Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons op WITBANK NEWS platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Word deel van ons WhatsApp groep deur die skakel af te laai: https://chat.whatsapp.com/ELF1vd6rpOv9ZkxPsFvNgg

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version