Local newsNewsBreaking News

Huldeblyke stroom in na skielike dood van onderwyseres

Juffrou Human het ’n groot impak gemaak in eMalahleni.

Dit is duidelik dat me. Elsa Human se afsterwe ’n groot leemte laat na aanleiding van die hoeveelheid boodskappe van medelye op sosiale media.

Dié geliefde onderwyser van die Hoër Tegniese Skool is Maandagmiddag, 8 November skielik oorlede.

“Juffrou Human was ʼn leeftyd deel van die Bloues-familie, ʼn ware HTS-legende. Sy het soveel lewens aangeraak met haar omgee-hart en die wyse waarop sy elke leerder in haar klas spesiaal laat voel het. Sy was ʼn kundige in haar vakgebied, ʼn bobaasafrigter en almal se gunsteling ‘gees-onnie’,” het HTS in ’n huldeblyk op hul Facebook-blad gesê.

Me. Human sal altyd onthou word vir die puik Wiskunde-onderwyseres wat sy was, ’n ware juweel-vriendin vir haar kollegas en ’n staatmaker vir haar familie.

Menige Bloues sal haar onthou vir haar goeie sin vir humor en haar getroue vriend, Jonty.

“Ons gebede gaan uit na me. Human se vriende en familie ‒ Mag die Here u vertroos en versterk in hierdie moeilike tyd. Rus sag by Jesus se voete ons liefste Juffrou…ons gaan jou vreeslik baie mis!” het HTS verder in hul huldeblyk gesê.

Deel jou nuuswenke met ons: Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons op sosiale media: Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button