CrimeLocal newsNews

Kardiewe so vinnig gestop soos ‘ABS-remme’

Dis vreeslik dat niemand eers iets opgelet het of gesien gebeur het nie.

Kardiefstal is een van die mees algemeenste misdade wat in die Steenskoolstad voorkom, dus word voertuigeienaars kort-kort herinner om ekstra sekuriteitsmaatreëls te implementeer om dié misdaad te bekamp.

Te danke aan ’n opsporingtoestel het me. Lizette de Kock haar voertuig na so episode teruggekry toe haar bakkie op 17 Oktober in Klipfontein gesteel is.

“Ons was daardie dag op pad Middelburg toe, maar het eers gestop vir ’n botteltjie sprei by Checkers in Klipfontein. Soos ons al teen die tyd weet, kyk jy twee tot drie keer eers of jou voertuig gesluit is voor jy hom verlaat, so is ons toe in die winkel in. Ek en my man was letterlik vyf minute in die supermark en met die uitkoms het ons by ’n leë parkering aangekom,” het De Kock vertel.

In daardie oomblik het sy heeltemal toegeslaan en kon nie eers die registrasienommer van hul wit GWM bakkie onthou nie.

“As dit nie vir my man was wat op sy voete gedink het nie, sou ek nie veel kon uitrig nie. My man het toe dadelik in kontak gekom met ons opsporingsdienste en die ‘mannejag’ het begin,” het sy bygelas.

Hulle is dadelik na die Witbank Polisiestasie om ’n saak van diefstal te open toe ‘Tracker’ hulle kontak en sê dat die voertuig gevind is by die begraafplaas naby Ackerville.

“Die polisie het gou gereageer en het na die toneel gejaag, waar hulle twee verdagtes gearresteer het,” het sy ook vertel.

Die De Kock-gesin het nie net hul voertuig teruggekry nie, maar ook alles wat van waarde was in die voertuig.

“Kyk, daar was ietwat skade aangerig, maar nie naastenby so baie skade soos die van ’n gesteelde voertuig nie en dis alles te danke aan Witbank Polisie, Tracker asook die vlugtige reaksie van die mense op die Zello-kanaal,” het sy dankbaar bygelas.

Met die seisoen van die jaar is dit al vanselfsprekend dat misdaad die hoogte inskiet en het kapt. Eddie Hall aan die publiek gesê dat hul meer paraat moet wees met wat om hul aangaan en dadelik agterdogtige mense of aktiwiteite moet rapporteer.

“Dis vreeslik dat niemand eers iets opgelet het of gesien gebeur het nie, maar soos ek gesê het, die boewe is blitsvinnig as dit kom by misdaad,” het De Kock ten slotte gesê.


Get in contact with us: Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za

Follow us on our social platforms: InstagramTwitter  Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button