Local newsMunicipalNews

Raadslid van eMalahleni steek hand in sy eie sak vir stopbord

Na vele gesmeek vir ’n nuwe stopbord het ’n plaaslike raadslid ’n stopbord uit sy eie sak gekoop omdat munisipaliteit nie gehoor gee nie.

Na maande se vra vir ’n nuwe stopbord by ’n besige winkelsentrum in

Ga-Nala het die dorp se raadslid die stopbord uit sy eie sak gekoop en opgesit.

“Ek het al meer as 10 keer gevra vir ’n nuwe stopbord, maar dit word net nie gegee nie. Ek het maar besluit om ’n nuwe stopbord te koop en op te sit,” het rdl. Dirk Grobler van die Demokratiese Alliansie gesê.

Rdl. Grobler is bekend in die dorp omdat hy altyd besig is om vir die dorp se mense te baklei vir dienslewering.

Hy het trots na agter gewys en glimlaggend gesê, “In dié parkeerarea het ons self al meer as 20 slaggate reggemaak omdat dit net eenvoudig nie op die stadsraad se prioriteitslys is nie.”

Rdl. Grobler was sommer vies omdat hy graag vooruitgang in dié Hoëveldse dorp wil sien, maar die munisipaliteit kom net nie aan boord om te help nie.

“Ons wil besigheid in die munisipaliteit bevorder, maar die munisipaliteit moet nou begin om na die besighede in die dorp te kyk, andersins gaan mense nie besighede in die hart van Mpumalanga wil begin nie.”

Teen druktyd het die plaaslike munisipaliteit nog nie gereageer op die media-navraag oor die beskikbaarheid van stopborde nie.

Lees meer:

Munisipaliteit ag nie riool as probleem – vier jaar later
Hulpstasies vir eMalahleni munisipale rekening navrae
Die tyd het gekom om ’n brug te bou
Heinrichstraat in Ga-Nala se bruggie is weer veilig

Get in contact with us: Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za

Follow us on our social platforms: InstagramTwitter  Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button