Kom kuier saam met Cathy

By dié damestee gaan daar lekker gekuier word.

Die bekende gospel sanger, Cathy Viljoen, gaan ’n bietjie by die AGS Oasis Gemeente kuier.

Cathy tree Saterdag, 30 Oktober tydens ’n damestee by die kerk op wat in Olifantstraat geleë is.

Die optrede begin om 09:30 vir 10:00.

Daar gaan verskeie uitstallers wees, so bring gerus jou beursie saam.

Die kostes beloop R200 en dit sluit ’n driegang maaltyd in. Drag is semi-formeel.

Vir besprekings kontak gerus vir Felicity Jordaan by 083 743 5237.

Share your news tips via:   Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:   InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version