#HelpHetta bied meer volhoubare oplossing

Die projek word deur die skool behartig en sodoende word skoolgaande meisies ondersteun

#HelpHetta is ʼn nasionale projek binne Helpende Hand – Deel van die Solidariteit Beweging, geskoei daarop om sanitêre ware te voorsien aan skoolgaande meisies.

Sodoende word verhoed dat meisies nie belangrike skooldae misloop, as gevolg van ʼn tekort aan hierdie produk tuis nie.

Me. Melissa Nel, assistent streeksorganiseerder van die Mpumalanga en KZN Noordstreek kon op Dinsdag, 21 September Freya Cups oorhandig aan Vanessa Dempsey en April Basson by die Hoër Tegniese Skool vir hul #HelpHetta meisies.

Tans voorsien Helpende Hand sanitêre ware aan 3 000 meisies elke kwartaal.

Die projek word deur die skool behartig en sodoende word skoolgaande meisies ondersteun.

Maar, wanneer hulle na matriek hul skoolloopbaan voltooi en hierdie produk is nie meer só beskikbaar nie, moes daar na meer volhoubare oplossings gekyk word.

Die Freya Cups is as moontlikheid ondersoek en aan matriekmeisies gegee.

Hierdie produk bied dan ondersteuning wanneer hulle skool verlaat en ook ʼn nuwe uitkyk op hul toekoms.

Indien jy betrokke wil raak by die #HelpHetta projek, kontak Annemarie van Heerden: annemarie@helpendehand.co.za of Melissa Nel: 072 660 7345.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version