Klein ‘Warrior Princess’ van eMalahleni verloor haar stryd teen kanker

“Faithy is gister oorlede. Ek en Yolande was by haar tot die laaste.”

“Faithy is gister oorlede. Ek en Yolande was by haar tot die laaste.”

Só het klein Faith Bothma se ouma, me. Sonja Liebenberg die hartverskeurende nuus van haar kleindogter se heengaan op Facebook-aangekondig.

“Faith het Maandag, 13 September begin om intense hoofpyn te kry en het ook begin opgooi. Ons het die volgende dag ’n pediatriese onkoloog gaan sien by Unitas-hospitaal. Hy het verduidelik dat daar nuwe letsels in Faith se brein is en dat hulle binnekort met bestraling sal moet begin,” het haar familie op sosiale media die nuutste verwikkelinge verduidelik.

In Desember 2020 het WITBANK NUUS berig oor Faith, toe drie jaar oud, wat na drie maande se verkoue-simptome en vele doktersbesoeke in Mei dieselfde jaar met ‘pulmonale blastoom’ (longkanker) gediagnoseer is.

Die diagnose was ’n week voor haar derde verjaarsdag gemaak en op 19 Mei is die gewas en gedeelte van haar longetjie verwyder.

Faith het chemoterapie-behandeling ontvang tussen 5 Junie, 2020 tot 4 Januarie hierdie jaar.

Haar opvolg-skandering het op 8 September plaasgevind en haar geliefde familie het steeds hoop gehad vir volle genesing.

“Sy is nie verniet as die ‘Warrior Princess’ gedoop deur die lang en uitputtende tydperk nie,” het haar mamma, Yolande vertel tydens die laaste onderhoud met WITBANK NUUS.

*Die familie het aan naasbestaandes, ondersteuners en vriende gevra om Faith se mamma, Yolande en pappa, Bruce te respekteer en tyd te gee om te rou oor hulle dogtertjie se afsterwe.

*Die roudiens vind vandag (22 September) om 14:00 plaas en kan virtueel bygewoon word.

 Druk die skakel hier: https://www.facebook.com/groups/591515134264469/?ref=share_group_link

WITBANK NUUS se reis saam Faith Bothma – LEES HIER ONDER 

The Bothma family’s journey with ‘Faith’, hope and cancer: 3-year old from eMalahleni, diagnosed with cancer

Ouers van eMalahleni het steeds ‘Faith’ na longkanker by hul dogtertjie (4) gediagnoseer is

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version