Het jy die motorfietse gesien?

Die diewe het die valhelms netjies van die motorfietse afgehaal en op die grond neergesit

Skaars ’n week nadat ’n gesin by hulle nuwe huis ingetrek is, is twee motorfietse uit hulle garage gesteel.

Me. Celeste Swart het gesê die diewe het heel moontlik die motorfietse gesien staan terwyl hulle besig was om in Palmstraat in Die Heuwel in te trek.

“Die bokse het die hele garage vol gestaan en ons was in en uit besig om die huisraad in die huis te pak,” het Celeste gesê.

Die diewe het die garagedeur van onder af oopgebreek.

Die 2006 Frazer FZS 1000 MP is op 21 September in Palmstraat gesteel.

Wat hulle die meeste laat kopkrap is dat die diewe die motorfietse dwars moes draai om dit uit die garage te kry omdat die garagedeur net ’n klein entjie oop was.

“Die diewe het die valhelms netjies van die motorfietse afgehaal en neergesit. Die motorfietse is beskadig toe hulle dit deur die klein opening uitgedra het.”

Die motorfiets wat gesteel is, is ’n Kawasaki ZX 14 registrasienommer DPH 310 MP en 2006 Frazer FZS 1000 met registrasienommer DLF 651 MP.

As jy die motorfietse gewaar of weet wie dit gesteel het kontak Celeste Swart: 72 494 3142, Blackie Swart: 082 411 3469 of JP Teles: 067 097 2993.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version