Local newsNews

Laat jou potjie prut vir Helpende Hand

Gaan diep jou potjiekosresepte uit.

Die warmer weer is net die lekkerste bestanddeel vir ’n potjie.

Op 25 September bied HK’n potjiekoskompetisie aan waarvan die helfte van die geld van die dag aan Helpende Hand geskenk gaan word en die ander helfte aan die wenner van die potjiekoskompetisie.

Die kompetisie begin 12:00 en die reëls is baie eenvoudig:

  • Jou span moet ’n naam hê, en jou span mag net uit vier mense bestaan.
  • Enige vleissnit kan gebruik word en ten minste een bykos moet saam opgedien word.
  • Spangees tel punte en natuurlik die voorlegging van jou tafel.

Potjies word om 18:00 beoordeel.

Inskrywings is R50 per persoon.

Vir meer inligting skakel Lenie Swan: 072 302 5791.

Deel jou nuuswenke met ons via: 

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button