Local newsNews

Is jy dalk die volgende koeksisterkampioen?

Jou watertandlekker koeksisters kan dalkies vir jou ’n geskenkbewys van R500 losslaan.

Wat is nou lekkerder as braaivleis, bobotie, melktert en dan natuurlik varsgebakte koeksisters?

Op Erfenisdag, Vrydag, 24 September brand die braaivleisvure en word daar tradisioneel gebraai.

Braaivleisvuur se reuk is ook gekoppel aan die smaak van aartappelslaai, ingelegde beet, paptert, braaibroodjies, malvapoeding vir nagereg en natuurlik… koeksisters. “Hierdie dinge is maar ‘n klein stukkie van die erfenis wat in ons ingebors is en wat ons vul met daardie gevoel van tuiskoms,” het me. Annemarie van Heerden, streeksbestuurder van Solidariteit Helpende Hand.

Ons Winkel het besluit om uit te vind wie se koeksisters is die lekkerste in die stad.

“Ons almal ken ‘n tannie wat koeksisters bak, en elke liewe Suid-Afrikaner het hul eie persoonlike voorkeur van hoe die perfekte koeksisters moet smaak. Nooi daardie tannie, of jouself, om in te skryf vir ons koeksister-kompetisie. Skryf sommer jou ouma ook in,” het Annemarie opgewonde uitgenooi.

Dit werk so:

  • Inskrywing is ses koeksisters  in ‘n geseëlde “zip lock” sakkie met jou naam en telefoonnommer duidelik gemerk.
  • Alle inskrywings moet ingehandig word op 21 September teen 16:00 by Ons Winkel in die Wersea-gebou in  Jeanettestraat of by Ons Winkel Reynorif in die  Pick n Pay Sentrum in Gazellelaan.
  • ’n Paneel beoordelaars sal die koeksisters beoordeel en die wenner sal op 22 September aangekondig word.

Die wenner kry ’n koopbewys van R500.

Vir meer inligting bel vir me. Annelie Nel: 082 444 9818.

Deel jou nuuswenke met ons via: 

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op:

Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

 

Back to top button