Boeremark maak inwoners nostalgies

Wat is lekkerder as om in ’n vlooimark te gaan rondsnuffel.

Vroeër jare het meeste inwoners van eMalahleni hulle kinders trakteer op Saterdae deur hulle na vlooimarkte toe te neem, net soos dié mark wat die naweek plaasgevind het.

Op 4 September het die ‘Farmers Market and Vintage Emporium’-gronde weer gegons met kinders wat uitbundig baljaar, ouers wat geselsies aanknoop met plaaslike entrepreneurs en om alles af te rond, die hongermaak-reuke van verskeie kossoorte en lekkernye wat in die lug hang.

Ernestine Otto en Lou le Roux.

By een van die vele stalletjies het Ria Kruger haar silwer juweliersware uitgestal wat enige liefhebber van silwer se aandag kon trek met ʼn verskeidenheid juwele, van ringe tot oorringe.

Die talente wat by sulke markte skuil laat inwoners weereens besef hoe lekker ‘local’ eintlik is.

Houtwerk wat in kuns verander word tot ’n familie besigheid het gepronk by die mark.

Die mark vind elke laaste Sondag van ’n maand en elke eerste Saterdag van ’n nuwe maand plaas by Plot 71b Seekoeiwater.

Vir meer inligting oor die mark, kan Linda Wallace gekontak word by 079 124 3961.

LEES MEER

 

Boeremark dié Saterdag

Boeremark was by verre die beste uitstappie die naweek

Deel jou nuuswenke met ons via: 

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op:

Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

 

 

Exit mobile version