Local newsNews

Bokke-slagting deur honde laat eienaar verslae

Die wildsbokke in die Vikela Game Breeders-projek is elke dag in gevaar.

Die bokke-slagting by Vikela Game Breeders kan nie in woorde omskryf word nie.

Mnr. Dick Jacobs, eienaar van Vikela Game Breeders, het Vrydag, 13 Augustus deur die plaas gery waar die slagting plaasgevind het en het met moeite die emosie teruggehou tydens die rit.

SIEN DIE VIDEO HIER

Twintig wildsbokke wat swart wildebeeste, springbokke, blesbokke, gemsbokke en Scimitar-gemsbokke insluit, is verlede week deur honde doodgebyt. Daar word bespiegel dat die honde van Spring Valley afkomstig is waar die honde gebruik word om te jag.

Mnr. Dick Jacobs moet moedeloos toekyk hoe die drade wat die plaas moet beskerm elke dag geknip word.

Dié informele nedersetting grens aan die plaas waar daar besig is met ’n wildteelprogram.

Terwyl Dick padlangs langs die grensdraad van die plaas afgery het, kon die geknipte draad gesien word.

Net ’n entjie in het WITBANK NUUS twee mans afgeneem wat hout gesny het op die plaas en met die hout deur die draad geklim en op ’n uitgetrapte voetpaadjie terug nedersetting toe gestap het asof dit die natuurlikste ding in die wêreld is om te doen.

“Duisende rande is al spandeer om die draad te elektrifiseer en daar waar hulle dit knip, weer reg te maak. As ons staalpype inplant, word dit oornag weggedra,” het Dick moedeloos gesê.

’n Entjie verder is ’n nes met volstruiseiers gevind, die wyfie was skoonveld.

“Sy is moontlik deur die brakke verjaag. Die eiers is nie veilig nie, die brakke sal seker vannag terugkom en hulle ook opvreet,” het Dick gesê.

Die wind wat in die stofpaadjies op die plaas tiekiedraai en met vlae sand dans het die trane op Dick se wange droog gewaai.

“Hierdie projek is iets wat ek en die konsortium, wat die plaas aan my verhuur, vir die gemeenskap wou teruggee. Ek wou die mooi van die natuur, wat ek van kindsbeen af saam met my pa beleef het, met ander deel…”

Die gewilde Parkrun het voor die nasionale inperking Saterdae op die plaas plaasgevind. Die jagtersvereniging het gereeld veldopleiding op die plaas aangebied en Dick wou die plaas toeganklik maak vir die publiek.

Inwoners van Spring Valley informele nedersetting knip elke dag die draad, wat die plaas waar die Vikela Game Breeders-projek aan die gang is, omvou.

Dick het die meeste van die wildsbokke nou verkoop en ander na veiliger reservate toe geskuif.

Selfs hierdie oefening jaag hom duisende rande uit die sak. Pyle om die wildsbokke te verdoof is nie goedkoop nie, dan moet vervoer, registrasie en permitte bygereken word.

“Ek probeer doen wat ek kan, en op dié stadium moet ek die mees koste-effektiewe oplossing vind,” het hy gesê.

Dit was juis op hierdie plaas waar die uiters skaars Egiptiese Aasvoël verlede jaar kom kuier het.

LEES MEER OOR DIE EGIPTIESE AASVOëL HIER 

https://www.citizen.co.za/witbank-news/154351/rare-egyptian-vulture-seen-bankenveld-emalahleni/?platform=hootsuite

https://www.citizen.co.za/witbank-news/154852/watch-and-here-it-is-live-footage-of-the-egyptian-vulture-roaming-the-skies-above-bankenveld/?fbclid=IwAR0lmbBatDmMJuO8DJ3p64NXc7gCayV_i_Nlm1ty2laQ-o8bS_0mAoXnqbk

https://www.citizen.co.za/witbank-news/157234/egyptian-vulture-not-seen-for-the-past-week/?fbclid=IwAR2_NxEBcpdx_mQ8X9MOMyL9uxkgddlbw9OWeJyRYRLteSDh1QktzLjoq30

Deel jou nuuswenke met ons:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

E-pos: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons ook op:

Instagram, Twitter, Witbank News App, Facebook page, Witbank News Breaking

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button