Local newsNews

Baadjies aan Bome tref eMalahleni

Rekord lae temperature het eMalahleni in ’n stewige greep beet en dik wintersjasse is inderhaas uitgehaal

Dié winter is ekstra koud.

Rekord lae temperature het eMalahleni in ’n stewige greep beet en dik wintersjasse is inderhaas uitgehaal.

Maar wat van die haweloses op die straat?

Hulle kan nie net kas toe stap en ’n baadjie gaan haal nie.

Hulle moet die ysige winterkoue op hulle eie trotseer.

“Ons gaan ’n verskil maak en vir die haweloses baadjies gee,” het me. Elsabe Pienaar gesê.

Sy het by die Baadjies aan Bome beweging ingehaak en bring die inisiatief eMalahleni toe.

Hierdie gemeenskap-omgee-projek verskaf die platform aan elkeen wat ’n verskil wil maak om hulle ou of ekstra baadjies, jasse, serpe of enige warm klere aan die bome in hul gemeenskap te hang.

“Die baadjie kry ’n motiveringskaartjie, skoon masker en broodbewys by en minderbevoorregtes is welkom om die baadjie te neem en te gebruik,” het Elsabe gesê.

Jasse, truie, ‘beanies’, serpe en handskoene kan by WITBANK NUUS se kantoor in Lanastraat, Matrix Computers in die Pick n Pay sentrum in Klipfontein of by Witbank Tuinsentrum/Duckpond Coffee Shop afgegee word.

Vir meer inligting oor die projek kan Elsabe gekontak word: 084 318 7848.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking    

Back to top button