Deacon wil net huis toe gaan

“Ek wil net dankie sê aan almal wat vir my gebid het."

Deacon du Plessis is wakker nadat hy ’n hele ruk in ’n geïnduseerde koma was en aan suurstofmasjiene gekoppel was.

Dié leerder van die Hoër Tegniese Skool Witbank was Saterdag, 26 Junie in ’n ernstige motorfietsongeluk betrokke. Die ongeluk het by die bekende OR Tamboweg-draai gebeur.

Deacon is die afgelope vier weke in Witbank Hospitaal waar hy vir ’n geruime tyd in ’n ’n geïnduseerde koma gehou is weens die aard van sy beserings.

Hy het bewys dat hy ’n baie sterk jong man is en dat hy nie maklik opgee nie. Hy is tans wakker en gesels met die mense om hom. Deacon se ma, Joy du Plessis het gesê dat Deacon nog bietjie emosioneel is en dat hy net huis toe wil gaan.

“Hy werk goed saam met die mediese span en kan al eet en drink, al is sy been nog baie seer, bly hy positief,” het sy ma gesê.

Deacon het in ʼn stemnota die volgende gesê: “Ek wil net dankie sê aan almal wat vir my gebid het en agter my gestaan het. Ek wil ook net vir God dankie sê, want as dit nie vir Hom was nie, was ek nie nou hier nie.”

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

 

Exit mobile version