News

Trekklavierspeler bring hoop aan siekes

“Die oom se storie is, hy het kom speel omdat sy vrou so lief is vir sy musiek. Hy het gevra dat 'n venster oopgemaak moet word, want hy weet sy sal sy musiek herken. Op die manier sou sy weet dat hy daar is."

Die video van ‘n man wat vroeg vanoggend, 21 Julie buite die Life Bayview-privaathospitaal vir een van die pasiënte in die Covid-19-saal op sy trekklavier gespeel het, het hartsnare behoorlik geroer.

Volgens ‘n adminstratiewe klerk in die hospitaal, Charlotte Barnard wat die foto’s en video geneem en aan die Mossel Bay Advertiser beskikbaar gestel het, word die man se vrou tans vir Covid-19 behandel.

“Die oom se storie is, hy het kom speel omdat sy vrou so lief is vir sy musiek. Hy het gevra dat ‘n venster oopgemaak moet word, want hy weet sy sal sy musiek herken. Op die manier sou sy weet dat hy daar is.

“Meeste van die pasiënte het dit ook gehoor, selfs twee van my eie en dit het ‘n verskil gemaak. Ek hoop so die oom is môreoggend weer hier as ek by die werk stop, want ons het dit nodig. Ons is al op ons knieë en ons moed laag,” het Barnard aan die Advertiser gesê.

Barnard werk vir ‘n algemene chirurg langs die Covid-19-saal.

Kyk die video hieronder

Read original story on Mossel Bay Advertiser.

Back to top button