Bestel jou pannekoek voor die tyd by Ons Winkel

Bestel jou pannekoek vroegtydig en weet jy hoef nie te wonder wat jy Vrydag 16 Julie vir aandete gaan maak nie.

Solidariteit Helpende Hand en Ons Winkel bak weer dié Vrydag pannekoek.

Me. Anelie Nel, van Ons Winkel, het van die staanspoor af gesê hulle gaan nie die resep vir die heerlike veerligte pannekoeke deel nie.

Sy nooi almal egter uit om op 16 Julie pannekoek te bestel – vyf vir R20 of R5 elk.

“Hierdie is ’n werkskeppingsprojek wat by die dag groei,” het Anelie gesê.

Sy het elkeen bedank wat verlede Vrydag by hulle pannekoek bestel het.

Jy kan jou bestelling by Anelie plaas:  082 444 9818.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

 

Exit mobile version