Jou vingers sal nie meer die loopwerk doen deur die Geelbladsye nie, want dié toep het alles met die druk van ’n knoppie

Met net twee klieks het jy nou die ou Geelbladsye op jou slimfoon.

Inwoners van Ga-Nala kan nou besighede se inligting en noodnommers met net twee klieks op hulle slimfone hê.

Kyk hier hoe werk Ga-Nala se toep

Weg is die dae toe jy deur die geelbladsye moes blaai om ’n nommer te soek vir ’n besigheid.

Die dae toe jou beursie boepens-vol was met besigheidskaartjies is iets wat ons kinders nie ken nie.

Die rede vir hierdie is die vier-letter-woord ‘toep’.

’n Wetenskap-onnie van Hoërskool Kriel het ’n toep ontwerp wat diensverskaffers- en noodnommers letterlik op jou vingerpunte sit.

Dié toep is baie maklik om op jou slimfoon te laai en vir verbruikers-vriendelikheid behaal dit volpunte.

“Die idee was dat as ’n inwoner die toep oopmaak, sien hulle dadelik al die kategorieë van besighede in die dorp waar hulle net op een kan klik en al die besighede onder daardie kategorie kan sien wat geregistreer het op die toep. Inwoners kan ook die soekfunksie gebruik om iets spesifiek te soek op die toep,” het mnr. Séan Samwell vertel.

Lees die berig in dié week se uitgawe van WITBANK NUUS.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version