Deacon is in goeie hande

Deacon is wakker en wys positiewe hersteltekens.

Die 17-jarige Deacon du Plessis is steeds in die intensiewe-sorgeenheid van Witbank Hospitaal, maar wys positiewe hersteltekens.

Deacon was onlangs in ’n motorfietsongeluk in OR Tamboweg waartydens hy ernstige beserings opgedoen het.

Hy het baie bloed verloor na die ongeluk en het verskeie bloedoortappings gekry, sy bloeddruk is gelukkig nou normaal.

Die ongelukstoneel.

Deacon het ook reeds gegaan vir ’n operasie aan sy regterbeen wat hy gebreek het. Hy is op baie sterk antibiotika om te help met die herstelproses.

Hy is volgens sy ma, Joy, vir ’n rukkie uit sy geïnduseerde koma gehaal en het goed reageer op die dokter se vrae en het ook geweet wie hy is. Deacon was intussen weer in die geïnduseerde koma geplaas.

Joy het Donderdag oggend, 7 Julie die dokter geskakel soos elke dag om op te volg hoe dit gaan met haar seun gaan. Die dokter het vir Joy laat weet dat sy vir Deacon kan gaan kuier.

Met die aankoms het Joy ’n wakker Deacon gekry met trane in sy oë.

Deacon het met moeilike spraak vir sy ma gesê: “Ek is jammer, ek is so jammer mamma.”

Joy het hom rustig gemaak en vir hom gesê dat dit niks is nie en al wat saak maak is dat hy nog lewe.

Deacon se spraak is nog bietjie onduidelik as gevolg van die suurstofpype in sy keel maar dit het nie Joy of Deacon gestop om verder met mekaar te gesels nie.

Deacon se ma het gesê dat sy baie gelukkig is met hoe die dokters met haar seun werk en hoe mooi hulle na hom kyk.

“Ek is baie dankbaar vir elke gebed en vir al die ondersteuning. Ons bid vir ’n almagtige God,” het Joy ten slotte gesê.

LEES MEER:

Motorfietsryer ernstig beseer in ongeluk op OR Tambo-draai

Motorfietsryer ernstig beseer in ongeluk op OR Tambo-draai

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Brea

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version