Lang vingers soek iets om te vat

Die afgelope week het daar waarskuwings die rondte gedoen van ’n verdagte man wat in die vroeë oggendure rondsluip in verskeie strate van Reynorif, opsoek na wie weet wat...

Die afgelope tyd het die toename in kleinskaalse diefstal weer die hoogte ingeskiet, veral in die Reynorif woongebied.

Die afgelope week het daar waarskuwings die rondte gedoen van ’n verdagte man wat in die vroeë oggendure rondsluip in verskeie strate van Reynorif, opsoek na wie weet wat…

Op 20 Junie het ’n inwoner in Kingfisherstraat soos elke dag vroeg opgestaan om sy pad werk toe aan te durf toe hy skielik ’n hand by die slot van sy hek sien.

“Ek was verstom. Ek het oop en bloot voor die voordeur van my huis gestaan en my veiligheidstewels aangetrek vir werk toe ek eers die hand en toe die verdagte man sien peuter aan my hek,” het die inwoner, mnr. Michael Botha vertel.

Sy eerste reaksie was om te skree, maar het sekondes na ’n geskel in ongeloof gestaan en dink oor wat sopas gebeur het.

Op 21 Junie, ’n dag na die voorval by die inwoner se tuiste het ’n skermgreep, asook ’n video van ’n veiligheidskamera die rondte gedoen op die buurtwaggroep van ’n verdagte man wat besig was om ’n gasbottel uit nog ’n inwoner se erf te steel.

Hierdie einste verdagte is keer op keer uitgevang waar hy oor mure loer en vir kwaadgeld rondhang.

“Ek het net verlede jaar ’n saak by Witbank Polisiestasie gaan oopmaak na daar ingebreek is by my huis en dit is beslis dieselfde man,” het die inwoner op die buurtwaggroep gereageer.

WITBANK NUUS het aan mnr. Botha die verdagte man se foto gewys waarop hy dadelik gesê het, “dis die einste mannetjie wat ek daardie oggend gesien het.”

Die inwoners word aangeraai om alle waardevolle goedere soos gasbottels, kragopwekkers, kamptoerusting, asook tuintoerusting liewer toe te sluit as om dit net buite te los.

Die polisie versoek dat alle inwoners van eMalahleni enige aktiwiteite rondom misdaad moet gaan rapporteer by Witbank Polisiestasie.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version