Vis byt goed by Outdoorsman Winter Bass Skin

Agt-en-sestig hengelaars het lyne in die water gehad.

Die jaar se ‘Outdoorsman Winter Bass Skin’ het die rekord gebreek met die meeste hengelaars wat al ooit ingeskryf het vir die kompetisie.

Agt-en-sestig hengelaars het lyne in die water gehad by die Maanligoord op 19 Junie.

Alhoewel die oggendson saam met ’n snerpende windjie beweeg het, het die koers deur die res van die dag gedraai.

Die vis het goed hoek gevat, daarvan getuig die sakke vol wat ingeweeg is.

’n Totaal van 202 swartbaars is geweeg en die vyf rondtes se totale gewig het gestaan op ’n allemintige 114kg.

Die uitslae vir die dag was as volg:

Skin 1:

AJ van der Walt met 1,193kg

Corne Schoeman met 0.891kg

Welman van Niekerk met 0,847kg

Skin 2:

Dilano Girado met 1,564kg

Jacques Schoeman met 1,020kg

Riaan van Niekerk met 0,966kg

Skin 3:

Calman met 1.015kg

Davin Ross met 0,886kg

Steven Carlson met 0.769kg

Skin 4: 

Dane Allen met 1,613kg

Clinton Fleming met 1,226kg

Daryl Thomson met 1,209kg

Skin 5: 

Hannes Schoeman met 1,405kg

Dilano Girado met 1,275kg

Johan Otten met 1,265kg

Die grootste vis gevang op die dag was ’n volle 1,613kg en is deur Dane Allen uitgetrek. Corne Schoeman is aangewys as die wenner onder die dames met ’n vis van 0.891kg.

Die kleinste vissie is deur Boela Lourens gevang met ’n gewiggie van 0.078kg.

“Ek wil net graag die borge en al die deelnemers bedank wat die dag bygewoon het. Julle het dit ’n groot sukses gemaak,” het Theuns Brecher, organiseerder, ten slotte gesê.

 

Exit mobile version