Sandro se visier is in

Die potspelstokke het behoorlik op die tafels gedans, terwyl spelers taktiek beplan het.

Dit is die ene konsentrasie by Pink Panther se potspelklub wanneer die spelers mekaar die stryd aansê tydens die maandelikse klubkompetisie.

Die potspelstokke het behoorlik op die tafels gedans, terwyl spelers taktiek beplan het.

Sandro De Alcantara het nie ’n oomblik fokus verloor nie en gewys hoekom hy iemand is wat nie op die tafel onderskat moet word nie. Hy het die prysgeld van R2 000 gewen.

Die veteraan, Collin Cato, het die tweede plek ingeneem. Juandré Duvenhage het vir die derde agtereenvolgende keer die maandelikse trofee gewen.

“Ons potspelklub is hard besig om voor te berei vir die Nkangala-liga wat volgende naweek afskop. Ons is reg vir die seisoen,” het Gerhard Smit van Pink Panther Potspelklub gesê.

Anton van Rhyn.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

 

Exit mobile version