Chaos breek uit toe woedende skare die skoolhekke stormloop

Chaos het vanoggend by die Hoër Tegniese Skool uitgebreek.

Die LUR vir Onderwys, mnr. Bonakele Majuba is by die Hoër Tegniese Skool.

Die LUR is nie goed ontvang deur ontstoke ouers wat die skoolterrein probeer ingaan het nie.

Majuba het die groep mense toegespreek en gevra dat almal kalm moet bly.

“Die leerders se veiligheid,” is ons eerste prioriteit het hy die skool se beheerliggaam voorsitter, mnr. Tius Cronje se woord geëggo.

Die LUR is nog steeds in vergadering by die skool.

SIEN DIE VIDEO HIER

Daar is vroeër traangas gespuit toe die mense die skool wou ingaan.

Van die mense is beseer tydens een van die stormlope. Voertuie is ook met bakstene gegooi.

Die leerders wat klaar eksamen geskryf het, word onder streng bewaking van die polisie uit die skoolterrein geneem.

Die polisie is steeds op die toneel.

 

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

Exit mobile version