Bakleiery by hoërskool laat bitter smaak

Die slagoffer wat aangerand is, sterk by die huis aan. Sy oogbank is gebreek, sy oog se retina is geskeur en hy het verder sagte weefsel beserings opgedoen.

Die spanning loop hoog by die Hoër Tegniese Skool na ’n geveg vroeër die week uitgebreek het op die skoolterrein.

Op 10 Junie het die Jeugbeweging, bekend as die Bittereinders, ’n besoek aan die skool gebring na verskeie klagtes oor wat na bewering aanleiding tot die bakleiery gegee het, asook glo die manier waarop die situasie hanteer word deur die skool.

Die beheerliggaam is tans (10 Junie) by die skool in ’n vergadering met die Departement van Onderwys om die gebeure te bespreek. Verteenwoordigers van die jeugbewing, asook joernaliste van WITBANK NUUS en ander media is nie binne die skoolterrein toegelaat nie.

Die slagoffer wat aangerand is, sterk by die huis aan. Sy oogbank is gebreek, sy oog se retina is geskeur en hy het verder sagte weefsel beserings opgedoen.

“Dit gaan goed met hom op die oomblik,” het sy ouers gesê.

Soos die storie ontvou, sal lesers op hoogte gehou word.

Share your news tips via:

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

 

Exit mobile version