’n Video doen die rondte van ’n bakleiery wat by ’n bekende skool in eMalahleni plaasgevind het.
Dié bakleiery het Dinsdag 8 Junie plaasgevind.
’n Groep leerders van die Hoër Tegniese Skool het mekaar met die vuis bygedam.
Die skool se beheerliggaam het dadelik opgetree ingevolge die skool se gedragskode.
“Die leerders is geskors hangend ’n dissiplinêre verhoor. Ons verseker die skoolgemeenskap dat elke leerder se veiligheid die skool se top prioriteit is en dat die akademie voortgaan soos normaal,” lui die persverklaring.
Soos die storie ontwikkel sal ons lesers op hoogte hou.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: