Klop aan vir ’n winskopie

Die skenkings wat by Ons Winkel verkoop word, word gebruik vir rentevrye studielenings vir studente.

Jou weggooigoed is ’n bron van hoop vir ’n student.

Die skenkings wat by Ons Winkel verkoop word, word gebruik vir rentevrye studielenings vir studente.

Enige iets wat in jou pad staan kan jy gerus by een van die twee Ons Winkels in eMalahleni gaan aflaai. Hetsy dit meubels, oudhede, kombuisware, beddegoed, gordyne, speelgoed, skoene, klere, sporttoerusting of tegnologiese ware is, alles is welkom.

Die koue is nou op die voorstoep en klop aan. Jy kan iemand help met ’n warm laken, of kombersie, dalk ʼn warm baadjie, warmwatersakkie of slaapsak. As jy ekstra het by die huis, gaan laai dit gerus af.

Ons Winkel in Reynorif is geleë in die Reynorif Sentrum op die hoek van Universe- en Gaselstraat.

Ons Winkel Witbank is in die Wersea-gebou in Jeanettestraat geleë.

Hulle is Maandae tot Vrydae oop vanaf 09:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 13:00.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

Exit mobile version