Local newsNews

Nocturne bied aan ‘die wit olifant projek’

Alle skenkings word spotgoedkoop verkoop en dus gaan die fondse terug na die VLU tak net sodat hul dit van daar af weer kan terugploeg in die gemeenskap in.    

Die Vroue Landbou-unie se dames van die Nocturne-tak het ’n projek genaamd “Die wit olifant projek” waar hulle twee maal ’n jaar kaste uitgooi en hope items bymekaarmaak vir liefdadigheid.

Op Saterdag, 29 Mei het die dames hul stalletjie opgeslaan en ’n reuse uitverkoping gehad.

“Ons ontvang gewoonlik vreeslik baie items van mense wat uitgooi en skoonmaak. Die items dien dalk geen nut vir dié wat dit uitgooi nie, maar is dalk net iemand anders se skat,” het Wilma van Zyl van die tak vertel.

Alle skenkings word spotgoedkoop verkoop en dus gaan die fondse terug na die VLU tak net sodat hul dit van daar af weer kan terugploeg in die gemeenskap in.

Lizette Pansegrouw.
Wilma van Zyl.
Lenie Swan.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

     Witbank News toep

     Facebook page

     Witbank News Breaking

Back to top button