CrimeLocal newsNews

Rowers 40 minute later in boeie

Van die vyf rowers het drie glo vorige veroordelings teen hulle.

Vyf rowers se dag het nie verloop soos hulle beplan het nie.

Die rowers wat Markhams in Bronkhorstspruit Sondag, 23 Mei omstreeks 10:00 geroof het, is in Clewer vasgetrek.

Volgens mnr. Hendri Appelgryn van Paratus Sekuriteit is die rowers 40 minute na die rooftog vasgetrek.

“Een van die werknemers van Markhams het vir ons ’n goeie beskrywing van die kar, ’n silwer Volkswagen Polo gegee. Die rowers het letterlik vir ons broodkrummeltjies gelos om hulle te volg toe hulle van die werknemers se selfone ook gevat het. Ons kon hulle toe maklik volg tot in Clewer,” het Appelgryn gesê.

Hy het gesê dat die rowers besig was om die buit van 85 selfone en ’n kontantbedrag te verdeel toe hulle deur die sekuriteitmaatskappy en die polisie se provinsiale taktiese reaksiespan verras is.

Van die gesteelde kontant het die rowers R45 gebruik om petrol in hulle wegkomkar te gooi.

Van die vyf rowers het drie glo vorige veroordelings teen hulle.

“Baie dankie aan die polisie se taktiese taakspan wat hulle uitsonderlik goed van hulle taak gekwyt het,” het Appelgryn gesê.

Share your news tips via:

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:

     Instagram

     Twitter

     Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

Back to top button