‘Bring asseblief vir ons ’n kombers of twee’

Kom skenk gerus jou komberse vir ’n goeie doel.

Die weerman voorspel ’n tipiese koue Hoëveldaand dié komende Vrydag. Vir Solidariteit Helpende Hand en Ladies Circle (in formation) beteken dit bibber en beef.

Hulle gaan op Vrydag, 28 Mei vanaf 17:00 tot 22:00 met net somersklere aan reg buite Ons Winkel Reynorif sit en koud kry vir komberse wat aan dié wat dit nie kan bekostig nie, gegee gaan word.

Die publiek word genooi om saam met die brawe mense te kom kuier. Jy kan help deur ’n kombers te gaan skenk wat hulle teen die koue sal beskerm en daarna aan liefdadigheid geskenk gaan word.

“Kom hou ons asseblief warm,” het me. Sonja le Roux, voorsitter van die plaaslike Helpende Hand tak gesê.

Vir meer inligting kontak vir Sonja: 082 894 7950.  

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

Exit mobile version