Local newsNews

Vyf kilometers lag-lag onder die knie

Solidariteit Helpende Hand se plaaslike tak het besluit om Tekkies en Toks aan te durf. Maar eie aan dié tak het hulle nie net uit die boks gedink nie, maar sommer die hele boks omgegooi.

Solidariteit Helpende Hand se plaaslike tak loop oor van vindingryke idees.

Hulle het besluit om Saterdag, 8 Mei Tekkies en Toks aan te durf. Maar eie aan dié tak het hulle nie net uit die boks gedink nie, maar sommer die hele boks omgegooi.

Mari Needham se tong hang uit na die 45 minute se strawwe oefeninge.

Plaaslike fiksheid-instrukteur, Chantelle Vorster, wat ook lid van die Helpende Hand-tak is, het ’n 45-minute ‘step’ roetine uitgewerk wat gelykstaande is aan die 5km virtuele stap wat deur Helpende Hand en die Vlokskop Stigting aangebied was om tekkies en toks bymekaar te maak vir hoërskoolleerders wie se ouers dit nie finansieel kan bekostig nie.

“Finansies moet nooit die rede wees dat kinders nie aan sport deelneem nie,” is die boodskap van Solidariteit af.

Chantelle en haar span het die groep taklede en ondersteuners 45 minute lank laat sweet.

“Nooit, nooit weer nie,” het Izak Havenga en Patrick Ferns na dié oefensessie gesê.

Hulle aanmerking is deur ’n koorstemme geantwoord wat gevra het: “Wanneer maak ons weer so?”

 

Chantelle Vorster se hope energie is aansteeklik.

LEES MEER OOR HELPENDE HAND SE PLAASLIKE TAK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/173545/kom-hou-ons-warm-in-die-snerpende-koue/?fbclid=IwAR2xhgo0OhN7awH6fn5hdDb_S2BmwSNZURGo5vkI3tyDYlNPjZQaHnPKzQY

https://www.citizen.co.za/witbank-news/173324/helpende-hand-se-maatskaplike-werkers-loer-in/?fbclid=IwAR2Nf9yeDjjtBmxyftJ54fOwEaeWoeCWjMEcG4Mp32zY6at8uEIuN2NNKlc

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

 Instagram

 Twitter

 Witbank News toep

 Facebook page

 Witbank News Breaking

Back to top button