Prettige tyd by Rafiki Boeremark

Klein besighede het op 27 April hul ‘pop-up’ winkels by die lodge opgeslaan.

Inwoners het in getalle opgeruk om plaaslike ondernemings by die Rafiki Boeremark te ondersteun.

Klein besighede het op 27 April hul ‘pop-up’ winkels by die lodge opgeslaan.

Die ‘pop-up’ winkels het ʼn verskeidenheid essensiële goedere verkoop soos badsoute, essensiële olies, huisversiering en veeldoelige skoonmaakmiddels.

Die deelnemers was baie tevrede met die atmosfeer van die mark en dat daar selfs ʼn karaoke was om hul talente ten toon te stel.

“Ek en my man was op ʼn ander boeremark in die stad, maar hierdie is een van die bestes,” het Kelly Thomas gesê.

Rafiki Farmers Market word by Rafiki Lodge aangebied, en inligting oor die volgende boeremark sal op hul Facebook-bladsy geplaas word.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version