Local newsMotoringNewsSport

Lunique dans sewe medaljes los

Die 10-jarige Lunique Kriek het ’n kruiwa nodig gehad om haar medaljes huis toe te bring.

Wanneer die 10-jarige Lunique Kriek begin dans, staan haar wêreld stil.

Dié jong dansertjie sit haar hart en siel in elke beweging wat sy foutloos uitvoer.

Tydens die Suid-Afrikaanse dansfees kampioenskappe, wat op 17 April plaasgevind het, het Lunique met sewe medaljes teruggekom.

Wat haar prestasie so uitsonderlik maak, is dat sy in die hoogste vlak van die kompetisie deelgeneem het.

Sy het drie goue medaljes en een silwer medalje ontvang vir groep danse.

Vir solo dans het sy een goud en twee silwer medaljes ontvang.

’n Baie opgewonde Lunique het gepronk met haar medaljes en gesê dat dans haar lewe is.

“As ek eendag groot is, wil ek ’n dansjuffrou wees,” het sy aan WITBANK NUUS vertel .

Van al die dans genres hou sy die meeste van hip-hop.

Lunique is ’n leerder van Laerskool Klipfontein en ’n danser by Reach Dance Academy.

Share your news tips via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News App

Facebook page

Witbank News Breaking

Back to top button