Weermag Veterane Vereniging Eenheid plaaslik geregistreer

Eenheid Swartgoud se Ops Kolgans vind plaas op Saterdag, 8 Mei plaas.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Veterane Vereniging (SAWV) Eenheid Swartgoud is in  eMalahleni geregistreer.

Die wet op Militêre Veterane Wet 18 van 2011  het in Januarie 2012 in werking getree en bepaal dat alle militêre veterane vir sekere voordele kwalifiseer.

“Om te kwalifiseer vir hierdie voordele, word oud weermaglede uitgenooi om by die SAWV aan te sluit,” het mnr. Rudi van der Linde van SAWV aan  WITBANK NUUS gesê.

Alle militêre veterane wat diensplig gedoen het, lede van ’n kommando was, in die reserwemag of staandemag gedien het of aan die Unie-verdedigingsmag behoort het, kwalifiseer om by die SAWV aan te sluit.

Voornemende lede moet eers op die militêre databasis geregistreer word voordat hulle enige van hierdie voordele kan benut.

“Ou magsnommers word geverifieer om te verseker dat jy wel ’n veteraan is,” het Van der Linde verduidelik.

Hierdie is egter ’n tydsame proses. Die koste om by die vereniging aan te sluit beloop slegs R200 per jaar.

Die voordele sluit gratis mediese behandeling by militêre- of staatshospitale, begrafnisdekking van R25 000, ’n behuisingsvoordeel, onderwyskostes vir jou kinders op skool of universiteit en nog meer.

Hierdie voordele is egter onderhewig aan spesifieke voorwaardes.

“Die SAWV poog ook om te help met ekonomiese projekte soos ‘Projek African Grey’, ’n koffieboon-projek waar ’n lid koffiebone kan aankoop en verkoop en sodoende eie besigheid te genereer of  ‘Projek Heuningwyser’ waar ’n lid opgelei word om met bye te boer en so besigheid te genereer.”

Ander projekte soos ‘Ops Kolgans’ is ’n ontbyt een keer ’n maand waar lede bymekaarkom en gesellig verkeer en kameraadskap hernu.

Eenheid Swartgoud se Ops Kolgans vind plaas op Saterdag, 8 Mei om 11:00 by 180 Degrees en indien jy alreeds ’n lid is van die SAWV, is jy welkom om hierdie dag by te woon.

Daar is kostes verbonde aan die ontbyt. R45 vir ’n basiese ontbyt, koffie, tee en sap is ook vir jou eie sak.

Dan is daar ook ’n buffet-ontbyt teen R115 per persoon en dit sluit tee, koffie en sap in.

Van der Linde het gesê dat as gevolg van Covid-19 regulasies net ’n sekere aantal lede toegelaat sal word. Maak dus seker jy bespreek vroegtydig.

Indien jy nog nie ’n lid  van die SAWV is nie, kontak Van der Linde: 076 657 0985 om ’n aansoekvorm te kry. Hy kan ook gekontak word vir die ontbyt.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version