Local newsNews

Ollie die nar maak Oakhearts se harte lag

Ollie het nie net grappies vertel nie, maar ook ’n waardevolle les aan die maats gegee.

Ollie die nar het vir die Oakhearts Akademie se maats kom kuier, nie net is hy ’n nar nie, maar die enigste singende nar in Afrika.

Op 21 April het die nar die maats van die pragskool laat skaterlag, dans en vele toertjies gewys.

“Ons babas en kleuters is vermaak met toertjies en dansies en Oom Ollie op sy een-wiel-fiets. Elke kleuter is bederf met spookasem en ’n ballonfiguur. Baie dankie vir ’n prettige dag Oom Ollie en DJ Tom-Tom,” het juffrou Marnel Benson gesê.

Ollie het nie net grappies vertel nie, maar ook ’n waardevolle les aan die maats gegee oor Jesus wat die enigste een is wat regte ‘magic’ doen.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

Back to top button