Local newsNews

Inwoners kan weer water verwag

Water kan dalk teen die einde van die dag weer terug wees.

Na bykans twee weke se wateronderbrekings en verskeie verskonings vanaf eMalahleni Munisipaliteit kan inwoners dalk teen einde van vandag weer water in hul krane verwag.

As gevolg van die vloed by die Punt C-opgaardam gister, moet die pomp vervang word en sal dit vandag nog uitgevoer word, het die munisipaliteit bevestig.

Die watertoevoer na die volgende gebiede is tans sonder water as gevolg van die probleem:

Reynorif

Ben Fleur

Del Judor-uitbreidings

Witbank Uitbreiding 16

Hou ons webtuiste dop vir meer terugvoer van die munisipaliteit.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

 

Check Also
Close
Back to top button