Local newsNews

Groot swartmamba veroorsaak konsternasie na ontmoeting in toilet

Dié slangspesie is nie ’n vreemdeling in die geweste nie.

Plaaslike slangkenner mnr. Piet Wassenaar het sy hande volgehad om ‘n reuse swartmamba te vang.

Die twee en ’n half meter lange swartmamba het omtrent vir ’n opskudding veroorsaak toe hy in ’n toilet gaan ‘kuier’ het.

SIEN DIE VIDEOS HIER

Pit het dié ongenooide gas Donderdag, 15 April op ’n plot by Kromdraai gaan vang.

“Ons het eers gedink dit is twee slange. Maar die meneer het homself dubbel gevou en ons laat dink daar is twee,” het Piet vertel.

“Die Venter-familie is baie gelukkig dat die meneer hulle nie gepik het nie,” het Piet vertel.

Me. Veruscha Venter het gesê sy was in die badkamer en het toe op die sitkamerbank gaan sit toe sy iets hoor val.

“My dogter, Verenique en haar driejarige dogtertjie Chelsey het opgestaan en in die kombuis gaan kyk, niks gekry nie en verder in die gang afgeloop tot in die badkamer. Toe sy opkyk het die meneer haar reg in die oë gekyk. Hy was op die gordyn se reling opgekrul.”

Verenique het Chelsey opgeraap en is blitsvinnig uit die badkamer uit.

Veruscha het die badkamer se deur toegemaak, hulle hond in die kamer toegemaak en die eienaar van die huis en vir Piet gebel om die gas te kom vang.

“Hy het darem maniere gehad en homself op sy plek gehou toe ek gepiepie het,” het Veruscha vertel.

Piet het gesê dié slangspesie is nie ’n vreemdeling in die geweste nie.

“Ons het al van hulle in ons omgewing gevang. Hulle kom meer in die Loskop-area voor. Ons het al ’n paar grotes daar gevang.”

Die swartmamba is nie werklik swart nie. Die rug is egalig geskutbrons tot olyfbruin, maar nooit werklik swart nie. Die pens is lig grysgroen, soms met donker vlekke. Dié mamba se naam kom eintlik van die swart in sy bek af.

Piet waarsku dat enige slang nie opgetel moet word nie, “Wanneer ’n slang bedreig word, gaan hy pik.”

Piet is op 082 870 4124 beskikbaar as jy net dalkies ’n ongenooide gas in jou erf of huis sien.

Lees meer

Piet Wassenaar ken van slange hanteer.

https://www.citizen.co.za/witbank-news/110756/piet-wassenaar-ken-van-slange-hanteer/

Piet vang nog rinkhalse

https://www.citizen.co.za/witbank-news/119612/piet-van-nog-rinkhalse/

Five snakes caught on one day in eMalahleni.

https://www.citizen.co.za/witbank-news/168040/five-snakes-caught-on-one-day-in-emalahleni/

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

     Witbank News toep

     Facebook page

     Witbank News Breaking

 

 

 

 

Back to top button