Man slaap op spoor toe trein oor sy bene ry

Eloff se mediese reaksiespan, tesame met ambulans noodpersoneel het Justin gestabiliseer waarna hy per ambulans na Witbank Hospitaal vervoer is.

’n Man (21) word tans in Witbank Hospitaal behandel nadat ’n trein oor sy bene gery het.

Die voorval het Saterdag, 2 April om ongeveer 09:30 gebeur op die spoorlyn tussen tussen Eloff en Delmas.

Die man het glo op die treinspoor gelê en slaap en die drywer kon nie betyds stop nie en die trein is oor die jong man se bene.

Volgens Rochelle van Wyk van die AfriForum Eloff Buurtwag, was die jong man, net bekend as Justin, by sy volle bewussyn met hul aankoms op die toneel.

Eloff se mediese reaksiespan, tesame met ambulans noodpersoneel het Justin gestabiliseer waarna hy per ambulans na Witbank Hospitaal vervoer is.

“Ons het na die toneel gehaas, want ons het vermoed dat die pasiënt erg sou bloei en die kans het bestaan dat hy kon doodbloei,” het Rochelle aan Streeknuus gesê.

Die jong Justin, ’n inwoner van Eloff het die Sundra SAPD en omstanders meegedeel dat hy te veel gedrink het, moeg geraak het en toe met sy bene op die treinspoor aan die slaap geraak het.

Teen druktyd was dit nog nie bekend of Justin se bene geamputeer moes word en of dit geheg kon word nie.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version