Ons Spreekkamer verjaar

Vierde verjaarsdag vir Ons Spreekkamer word gevier.

Ons vier ons vierde verjaarsdag en elke oomblik hiervan is pure seën.

1 April 2017 het die pragprojek afgeskop en ons is trots op hoe dit net groter geword en ontwikkel het.

Ons het onder andere een koördinerende dokter, ses netwerkdokters, ʼn tandarts, oogarts en apteker aanboord wie bystaan met basiese mediese sorg en ons is dankbaar dat, ten midde van alles wat die afgelope jaar plaasgevind het, Ons Spreekkamer steeds net so sterk voortgaan.

In 2020 het ons 139 pasiënte bygestaan hoewel ons vir die inperkingstyd wel ses maande gesluit was.

Dankie vir die feit dat ons reeds selfstandig vier jaar al funksioneer, met donateurs en takprojekte wat die medikasie se finansies bied, groot dank aan hierdie rolspelers wat selfloos hul dienste en gawes bied, om hoë gehalte primêre gesondheidsorg, gekombineer met deernis, professionele sorg en moderne geneeskunde, (pro Bono) aan behoeftige persone bied of alternatiewelik suksesvolle opname in die mediese sisteem fasiliteer.

Ongeag hul eie belewenisse van die Covid-19 pandemie, het hul steeds nie gehuiwer om te help, en ons eer hul #onsishier-wees en getrouheid.  #Witstrik-dankie dus aan elkeen hierin!

Mari Needham (Ons Spreekkamer sekretaresse) en ander lede van die Witbank-tak het gister ons dokters gaan bedank met bederfpakkies vir die wonderwerk wat hulle in ons stad verrig.

Ons bedank ook in die besonder die Witbank-tak wat Ons Spreekkamer as inisiatief geopen en gedra het ‒ die tak wat sonder huiwering inspring en altyd hand bysit.

Dankie aan elke donateur en elke persoon wat ons voortdurend ondersteun en hierin deel het aan elke hulplewering vir hierdie pasiënte!

 

Deel jou nuuswenke met ons via:

 

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

Exit mobile version