Bloues se atlete blink uit by Tuks

HTS Witbank se atlete skitter uit by AGN League.

Verskeie HTS Witbank atlete het die afgelope naweek in Gauteng by die ‘AGN League’ byeenkoms te Bestmed Tuks deelgeneem en skitterende prestasies behaal.

Jonelle Hamilton-Atwell in gr. 9 behaal ʼn eerste plek in hoogspring, Jonelle het in die o.16-ouderdomsgroep deelgeneem en haar opponente uitgestof met ʼn ongelooflike hoogte van 1.60m. Hoogspringatleet Nathan Venter, het ʼn silwer medalje losgespring met ʼn indrukwekkende hoogte van 1.95m.

Die Bloues se langasems het ook baie goed gevaar. Zane Duvenhage, ʼn gr. 9-leerder en Lehan Roux en Tiaan van Eeden, albei gr. 8-leerders het besonders goed gedoen in die 1 500m vir o.16 seuns.

Zane behaal ʼn 10de plek uit 39 atlete en die gr. 9-leerder Dejane Holtzhausen het ook die vrugte van haar harde werk gepluk en puik gevaar in die 1 500m vir o.16 meisies.

Die tweeling Cadey en Lené van der Merwe, het die Bloues baie trots gemaak in die 1 500m en 800m vir o.16 meisies.

Spoedvrate Kyla Duvenhage en Chané Pienaar het beide baie goed gevaar in onderskeidelik die 400m item vir o.16- en o.18 meisies.

Baie geluk aan elke Bloues-atleet en die betrokke afrigters.

“Ons is ongelooflik trots, want almal weet dit verg Godgegewe talent, harde werk en toewyding, hou so aan,” het HTS personeel met trots gesê.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking  

Exit mobile version