CrimeNews

Diewe jaag weer karre na

Die gesteelde voertuig is nog nie gevind nie en die ondersoek duur nog voort.

Kardiefstal is ’n daaglikse misdaad wat al hoe meer toeneem in eMalahleni soos nog ’n inwoner wakker geword het om uit te vind sy voertuig is gesteel gedurende die nagtelike ure.

Op 6 Maart het ’n plaaslike inwoner ’n saak van Kardiefstal gaan open by die Witbank Polisiestasie.

Na bewering het die slagoffer die vorige aand sy voertuig in sy erf soos elke ander dag parkeer.

Dit was glo die volgende oggend toe hy met ’n skok agterkom dat sy voertuig nêrens te vinde is nie en dadelik die ergste verwag.

Die gesteelde voertuig is nog nie gevind nie en die ondersoek duur nog voort.

“Daar is deesdae definitief ’n toename in kardiefstal en sal voertuigeienaars ekstra sekuriteitsmaatreëls in plek moet sit om hul voertuie tot die beste van hul vermoë te beveilig. Inwoners wat slagoffers is van dié misdaad moet dadelik dit kom rapporteer as dit gebeur,” het die woordvoerder van Witbank Polisiestasie sersant David Ratau gesê.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

Back to top button