Man gemartel, vermoor op plaas naby Kendal
Die grusame en nuttelose moord op 'n plaaslike inwoner op die plaas Leeufontein het die boere in die gemeenskap tot stilstand geruk.
Die grusame en nuttelose moord op ‘n plaaslike inwoner op die plaas Leeufontein naby Kendal het die boere in die omgewing tot stilstand geruk.
SIEN DIE VIDEO HIER:
Die man se familie het Maandag, 8 Maart onraad begin vermoed nadat hulle vir ’n geruime tyd gesukkel het om hom in die hande te kry.
Boere op nabygeleë plase het gaan ondersoek instel en op die gemartelde liggaam van die man afgekom.
Dit is op hierdie stadium nog nie duidelik presies wat gebeur het nie.
Die polisie en Plaaslike Kriminele Rekordsentrum (PKRS) is tans nog op die toneel besig om bewyse te versamel en inligting op te volg.
Soos die storie ontvou sal WITBANK NUUS lesers op hoogte hou.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: